Laerskool Eversdal,
Stepping Stones, Durbanville
7550

Tel: 021 976 8134
Epos:


NUUTSTE NUUSEVERFOKUSKWARTAALBRIEWESPORTPROGRAMME
 

EVERSDAL KOMMUNIKASIE

Riglyn om webtuiste “shortcuts” te maak op mobiele toestelle.

iPHONE SHORTCUT VIR KOMMUNIKASIE

ANDROID SHORTCUTS VIR KOMMUNIKASIE


Ons moedig ouers sterk aan om op die tuisblad in te teken vir kommunikasie. Klik op ‘Teken in vir kommunikasie’.

Dit sal verseker dat jy die nuutste nuus sal ontvang via e-pos.

  • Jy sal ‘n e-pos ontvang wat jou inskrywing bevestig.
  • As jy nie ‘n boodskap ontvang nie, doen asb. navraag by mev. Elana la Grange. (elanalg@eversdal.org.za)

Inligting rakende kommunikasie

Die volgende kan u op die webtuiste onder kommunikasie ontvang:


Inligting

Om enige ander relevante informasie te ontvang soos skoolagtergrond, visie & missie, beleide, personeel, biblioteek, Everaksie, Everjas, aansoek om toelating, Nasorg, skoolgelde, Skoolhoof, Beheerliggaam en Trust, kan u gerus die inligtingsbladsy raadpleeg.


Sportafrigters kommunikeer via e-pos deur spesifieke groepe (sportkode en ouderdomsgroep).
Dit is belangrik om jou e-pos gereeld te monitor en te reageer op versoeke dat jou kind sportverpligtinge moet bywoon.

Alle sportprogramme is beskikbaar op ons webwerf onder kommunikasie. http://www.eversdal.org.za/communication/sport/


Weeklikse Everfokus word aan alle ouers via e-pos op Dinsdae gestuur. Die Everfokus is ook beskikbaar op die webtuiste onder kommunikasie by: http://www.eversdal.org.za/communication/everfokus/

Elke ouer is geregistreer op ons e-possisteem. Indien u nie e-posse van die skool ontvang nie is dit u verantwoordelikheid om mev. Elana la Grange te kontak sodat u informasie opdateer word.


SMS

SMS-boodskappe word slegs uitgestuur vir dringende aandag. SMS’e dien nie as primêre kommunikasiesisteem nie.


E-pos

Raadpleeg asseblief die ‘kontak’ bladsy op die webtuiste om al die belangrike e-posadresse te besigtig. Ouers en onderwysers kommunikeer grotendeels via e-posse.


BYKOMENDE KOMMUNIKASIE: SOSIALE MEDIA (geadministreer deur die skool).

(Sommige ouers kla hieroor, maar u hoef nie aan die sosiale media te behoort nie. Dit is u eie keuse).

  1. FACEBOOK – LAERSKOOL EVERSDAL PRIMARY: (geadministreer deur die skool). https://www.facebook.com/pages/Laerskool-Eversdal-Primary/1477218555864176
    (Algemene gebeure en foto’s word op hierdie forum gepos. Nuusflitse word ook per skakel hier geplaas. U kan op hierdie forum die meeste skoolgebeure sien en ervaar. Ouers wat herhaaldelik negatiewe opmerkings maak sal geblok word.
  1. TWITTER – EVERSDALNEWS (geadministreer deur die skool). https://twitter.com/EVERSDALNEWS
    (Die inligting op die EVERSDAL Twitter en Eversdal FACEBOOK is outomaties ‘n duplisering van mekaar).
  1. TWITTER – EVERSDAL TWEETS (geadministreer deur die skool). https://twitter.com/EVERSDALPRIMARY
    (Algemene TWEETS oor opvoedkundige kwessies en gebeure in die wêreld van opvoedkunde. GEEN skoolinformasie sal op TWITTER gepos word nie).
  2. Laerskool Eversdal maak slegs van gratis platforms gebruik vir kommunikasie na ons ouers.

ANDER AMPTELIKE FACEBOOK BLADSYE

  1. EVERJAS EVERSDAL PRIMARY (geadministreer deur die EVERJAS) https://www.facebook.com/pages/Everjas-Eversdal-Primary/685382781555488?fref=ts

BOGENOEMDE SOSIALE MEDIA-REKENINGE BEHOORT AAN EN WORD GEADMINISTREER DEUR LAERSKOOL EVERSDAL.


HOU ASSEBLIEF DIE VOLGENDE IN GEDAGTE:

  1. Ons gebruik nie WHATSAPP as ‘n kommunikasiestrategie nie. Daar is sekere ouers wat dit as ‘n instrument vir kommunikasie gebruik.
  2. Sommige klasverteenwoordigers gebruik dit ook tydens beplanningsfases van die EVERAKSIE as kommunikasiemiddel – dikwels baie suksesvol.
  3. Ons (as ‘n skool) kan nie verantwoordelikheid neem vir kommunikasie op die WHATSAPP-forum nie.
  4. Daar bestaan wel ander Laerskool Eversdalgroepe. Ons kan nie verantwoordelikheid neem vir die inhoud daarvan nie.
  5. HIERDIE PLATFORMS MAG NIE DEUR OUERS GEBRUIK WORD OM TE KLA OF TER WILLE VAN BESIGHEID NIE. Positiewe opmerkings is altyd welkom. Ons sal wangebruikers moet blokkeer. (Sommige ouers het alreeds probeer om dit te doen, waarvan die meeste dit gesien het as besigheidsgeleenthede).
  6. Ons verstaan dat baie van ons ouers moontlik nie gemaklik voel met die gebruik van die nuwe kommunikasiemiddele nie. Ons sal graag betrokke wil raak en opleidingsgeleenthede in dié verband skep.
  7. Moet asseblief nie u persoonlike inligting op ENIGE SOSIALE PLATFORM (nie net Laerskool Eversdal nie) plaas nie. Dit is nie ‘n veilige praktyk nie.

Henk Arangies
Skoolhoof

PLATINUM SPONSORS
Click on photo for link to
sponsor website.
NAVIGASIE
 
Tuisblad
Aansoek om toelating
Kalender
Kommunikasie
Gallery
Blogs
Kontak
BLOGS
 
Eversdal General Blog
Headmaster
Curriculum
Grades
Sport
Culture
VOLG ONS
 


KONTAK ONS
 
Eversdal Primary School,
Stepping Stones, Durbanville

Tel: 021 976 8134
Epos:

Website Design by Revenge Designs