EVERSDAL KOMMUNIKASIE
Riglyn om webtuiste “shortcuts” te maak op mobiele toestelle.
iPHONE KORTPAD VIR KOMMUNIKASIE
ANDROID KORTPAD VIR KOMMUNIKASIE
Ons moedig ouers sterk aan om op die tuisblad in te teken vir kommunikasie. Klik op ‘Teken in vir kommunikasie’.
Dit sal verseker dat jy die nuutste nuus sal ontvang via e-pos.
- Jy sal ‘n e-pos ontvang wat jou inskrywing bevestig.
- As jy nie ‘n boodskap ontvang nie, doen asb. navraag by mev. Elana la Grange. (elanalg@eversdal.org.za)
Inligting rakende kommunikasie
Die volgende kan u op die webtuiste onder kommunikasie ontvang:
Inligting
Om enige ander relevante informasie te ontvang soos skoolagtergrond, visie & missie, beleide, personeel, biblioteek, Everaksie, Everjas, aansoek om toelating, Nasorg, skoolgelde, Skoolhoof, Beheerliggaam en Trust, kan u gerus die inligtingsbladsy raadpleeg.
Sportafrigters kommunikeer via e-pos deur spesifieke groepe (sportkode en ouderdomsgroep).
Dit is belangrik om jou e-pos gereeld te monitor en te reageer op die skakel dat jou kind sportverpligtinge moet bywoon.
Alle sportprogramme is beskikbaar op ons webwerf onder kommunikasie.
http://www.eversdal.org.za/ communication/sport/
Weeklikse Everfokus word aan alle ouers via e-pos op Dinsdae gestuur. Die Everfokus is ook beskikbaar op die webtuiste onder kommunikasie by:
http://www.eversdal.org.za/ communication/everfokus/
Elke ouer is geregistreer op ons e-possisteem. Indien u nie e-posse van die skool ontvang nie, is dit u verantwoordelikheid om mev. Elana la Grange te kontak sodat u informasie opdateer kan word.
SMS
SMS-boodskappe word slegs uitgestuur vir dringende aandag. SMS’e dien nie as primêre kommunikasiesisteem nie.
E-POS
Raadpleeg asseblief die ‘kontak’ bladsy op die webtuiste om al die belangrike e-posadresse te besigtig. Ouers en onderwysers kommunikeer grotendeels via e-posse.
BYKOMENDE KOMMUNIKASIE: SOSIALE MEDIA (geadministreer deur die skool).
(Sommige ouers kla hieroor, maar u hoef nie aan die sosiale media te behoort nie. Dit is u eie keuse)
1. FACEBOOK – LAERSKOOL EVERSDAL PRIMARY:
https://www.facebook.com/pages/ Laerskool-Eversdal-Primary/1477218555864176
Algemene gebeure en foto’s word op hierdie forum gepos. Nuusflitse word ook per skakel hier geplaas. U kan op hierdie forum die meeste skoolgebeure sien en ervaar. Ouers wat herhaaldelik negatiewe opmerkings maak sal geblok word.
2. INSTAGRAM – EVERSDALPRIMARYSCHOOL
https://www.instagram.com/eversdalprimaryschool
Algemene gebeure en foto’s word op hierdie forum gepos.
Laerskool Eversdal maak slegs van gratis platforms gebruik vir kommunikasie na ons ouers.
HOU ASSEBLIEF DIE VOLGENDE IN GEDAGTE:
- Ons gebruik nie WHATSAPP as ‘n kommunikasiestrategie nie. Daar is sekere ouers wat dit as ‘n instrument vir kommunikasie gebruik.
- Sommige klasverteenwoordigers gebruik dit ook tydens beplanningsfases van funksies as kommunikasiemiddel – dikwels baie suksesvol.
- Ons (as ‘n skool) kan nie verantwoordelikheid neem vir kommunikasie op die WHATSAPP-forum nie.
- Daar bestaan wel ander Laerskool Eversdalgroepe. Ons kan nie verantwoordelikheid neem vir die inhoud daarvan nie.
- HIERDIE PLATFORMS MAG NIE DEUR OUERS GEBRUIK WORD OM TE KLA OF TER WILLE VAN BESIGHEID NIE. Positiewe opmerkings is altyd welkom. Ons sal wangebruikers moet blokkeer. (Sommige ouers het alreeds probeer om dit te doen, waarvan die meeste dit gesien het as besigheidsgeleenthede).
- Moet asseblief nie u persoonlike inligting op ENIGE SOSIALE PLATFORM (nie net Laerskool Eversdal nie) plaas nie. Dit is nie ‘n veilige praktyk nie.
Gys Burger
Skoolhoof