CONSOLIDI TRUST:
Die ouergemeenskap van die Laerskool Eversdal neem sy rol om geleenthede vir die Evers te skep, baie ernstig op. Daarom is die Consolidi Trust in 2007 gestig. Die trustees is persone wat dit ten doel het om die skool te dien, tot voordeel van die leerders. Hulle verwissel van tyd tot tyd.
Die Laerskool Eversdal is die enigste begunstigde. Die Consolidi Trust belê in die opgradering van die skool se fasiliteite soos die tennis-, netbalbane en hokkievelde.
Die Nasorg en Everjas word deur hierdie trust bestuur. Tans organiseer hulle drie fondsinsamelingsfunksies per jaar, naamlik die Everdans, Sop- en Biltongaand en die Eversdal Gala-Dinee.