BYBELVASVRA
Binne die raamwerk van Christelike waardes, neem ons jaarlik deel aan ‘n Nasionale Bybelvasvrakompetisie wat deur die Rapportryersbeweging geloots word. Spanne bestaan uit vier leerders wat vooraf spesifieke skrifgedeeltes kry om te leer. Hierdie leerders word gedurende saalperiodes voorberei vir die landswye uitdunrondte in Augustus.
Die top 10 spanne dring deur na die finale rondte wat by Klein-Kariba se ATKV-oord plaasvind. Deelname aan hierdie kompetisie verg baie toegewydheid en verantwoordelikheid. Ons is baie trots daarop dat ons verskeie kere al onder die beste skole geëindig het asook Wes-Kaap wenners.