DRAMA
Everdrama word aangebied deur Mnr. Anton Nortier en Mev. Hettie Spangenberg.
Everdrama is slegs vir leerders vanaf Gr. 4-7.
Alle belangstellende leerders het nog tot begin Maart 2020 die geleentheid om op Donderdae vanaf 18:00 tot 19:00 in die saal by ons aan te sluit.
Alle aktiwiteite wat ons doen word beskou as ‘n oudisie vir moontlike opname in die rolverdeling vir vanjaar se produksie.
Sodra die rolverdeling in Maart saamgestel is, sal slegs die akteurs wat rolle gekry het met Everdrama voortgaan. Ons begin dan om die produksie in alle erns vir die toneelfeeste in die derde kwartaal voor te berei.