EVERJAM
Sedert 2015 het Eversdal hul sangkultuur weer ‘n hupstoot gegee met hul weeklikse saamsing geleentheid in die saal genaamd Everjam. Maandagoggende word ouer liedjies afgestof en nuwe liedjies aangeleer. Ons eie onderwysers skuif agter die klawers, snare, tromme en mikrofone in en saam met die Evers sorg ons elke week vir heerlike opwinding. ‘n Groot aantrekkingskrag is die video wat aan die einde van elke sessie as afsluiting gespeel word. Van liedjies uit skatkis van animasieprente tot die towerkunsies van beoordelaars verstom in die nuutste talentkompetisies op televisie – daar is iets vir almal!