KONSERTE
By Laerskool Eversdal word die aanbieding van produksies soos volg afgewissel:
Jaar 1: Grondslagfase
Jaar 2: IFSEN/Seniorfase
• Daar word gepoog dat kinders ten minste drie maal gedurende sy / haar laerskool loopbaan die geleentheid kry om op ‘n verhoog voor ‘n gehoor op te tree.
• Om by kinders waardering vir uitvoerende kunste te kweek
• Om kinders se spesifieke talente in uitvoerende kunste ten toon te stel.
• ‘n Geleentheid vir massadeelname.
• Om drama-teorie (kurrikulum) vir kinders lewend te maak deur die praktiese uitvoering daarvan en natuurlik vir pure genot!