JUNIORKOOR
Die Juniorkoor bestaan uit Gr.1-3 leerders. Om te seker te maak dat geen jong, ontwikkelende stem verlore gaan nie, word alle belanstellende Gr. 1-3 leerders elke jaar vir die koor getoets. Die ledetal wissel jaarliks, afhangende van die stemkwaliteit. Die koor is onder leiding van Mev. Annerine Burger en word deur Mev. Marna Prozesky begelei.
Die koor oefen op Dinsdag- en Donderdagoggende vanaf 07:45 – 08:20. Hul neem jaarliks aan verskeie Eisteddfods en ander geleenthede deel en geniet die uitvoering van verskeie repertoire.