MARIMBA
In 2017 het Laerskool Eversdal besluit om ‘n groot stap op kultuurgebied te neem met die samestelling van ons eie Marimba-orkeste. Met die instrumente tot ons beskikking kan ons slegs 12 lede per groep akkommodeer.
Dus moet voornemende lede ‘n streng oudisie aflê. Mev. Annerine Burger bestuur twee groepe wat bestaan uit Gr. 4-7 lede.
Hulle oefen op Donderdae vanaf 17:15-18:15 en 18:30-19:30. Die marimba-orkeste neem jaarliks aan die Eisteddfod deel en vermaak die Evers elke kwartaal tydens saalbyeenkomste.