MUSIEK
Die Musiekdepartement bestaan uit twee voltydse leerkragte (Mev. Marna Prozesky en Mev. Annerine Burger) wat lesse aanbied in klavier, blokfluit en dwarsfluit. Daar word ook privaatlesse aangebied in kitaar en ukelele.
Kitaar:
Carin van Zyl
082 966 0948
carindeon@telkomsa.net
Kitaar en Ukelele:
Marichelle Hammond
0745499706
marichellehammond@yahoo.com
Die doel is om kinders se musiektalent te ontwikkel, selfvertroue ‘n hupstoot te gee en deelname aan eksamens en eisteddfods daar te stel en te bevorder. Elke leerder word individueel en volgens sy eie unieke vermoë onderrig en benader. Hulle vorder teen hulle eie pas, en dit word erken deur aan elke musiekleerder die geleentheid te gee om deel te wees van die jaarlikse Klankpalet en Culture ForEver Kultuur. Tydens hierdie geleenthede span al die musiekleerkragte saam om luisterryke genot te verseker.
Daar is twee pakkette beskikbaar: 18 individuele lesse per kwartaal @ R2000,00 OF 9 individuele lesse per kwartaal @ R1000,00.
Aansoekvorms vir musiek by Mev. Prozesky of Mev. Burger is by die sekretaresse beskikbaar. Wanneer u aansoek doen vir musiek, word die leerder eers op die waglys geplaas. U sal per e-pos in kennis gestel word sodra daar ‘n opening ontstaan. Vir privaatlesse by een van die bogenoemde leerkragte, kan u hul gerus persoonlik kontak.


