Skoolbiblioteek en Infosentrum
Ons Evers is baie lief vir lees, en hulle verstaan die belangrikheid van lees. Laerskool Eversdal het ‘n kwaliteit en geloofwaardige Skoolbiblioteek en Infosentrum. Dit bevorder ‘n kultuur van lees en ondersteun en inspireer ons leerders en personeel in leesbevordering en die ontwikkeling van die vaardighede om inligting te vind en te gebruik.
Ons voorraad word stelselmatig opgedateer en uitgebrei deur ‘n spesialis skoolbibliotekaresse. Ons voorsien aantreklike en funksionele fasiliteite vir lees en die ontwikkeling van die 4 K’s: Kritiese Denke; Kommunikasie; Kreatiwiteit en “Kom ons werk saam”.
Ons Skoolbiblioteek en Infosentrum streef daarna om nuut te dink, kreatief te wees en deur strategiese beplanning ons leerders voor te berei vir die nuwe uitdagings van die toekoms!