INTERSENFASE
Ons reik na die toekoms…Ons onderrig!
Doelwit:
Ons glo dat elke leerder uniek is en op sy/haar eie manier en tyd kan leer. Ons erken dat hierdie stelling leerders die geleentheid gee om op sy/haar eie tyd die nodige vaardighede te kan ontwikkel.
Die Nasionale Kurrikulum Assesseringsbeleid (KAVS) gee riglyne oor hoe onderrig moet word, maar die onderwysers beplan self hoe hulle die kurrikulum aan die leerders gaan aanbied. Hulle gebruik verskillende leerstyle deur verskillende opsies van multi-media aan die leerders te bied.
Die beginsel dat elke persoon uniek is, hetsy ras, geslag of kultuur, is vir die skool belangrik. Die morele waardes van elke individu word gerespekteer. Die skool se waardes is in ooreenstemming met die waardes wat deur die gemeenskap voorgestel en uitgeleef word.
Die skool het beleide vir effektiewe klaskamerorganisasie.
- Die leerders voltooi take gedurende die jaar. Hierdie take bevat aktiwiteite wat op sekere datums plaasvind.
- Sommige aktiwiteite vereis nie voorbereiding tuis deur leerders nie.
- Die leerders ontvang datums vroegtydig om voorbereiding vir assesserings tuis te doen.
- Eksamendatums word vooraf gekommunikeer, maar mag met `n paar dae verskil, want die skool is afhanklik van die Distrikskantore se finale datums.
- Dit bly egter die skool se voorreg om datums in die jaar te hersien, indien nodig.
Taalbenadering:
Leerders ontvang onderrig in hulle Huistaal (Afrikaans/Engels). Dit is belangrik vir ons leerders om vaardighede te ontwikkel in ten minste twee Tale. Huistaal word onderhou en versterk, terwyl leerders in die Addisionele Tale (Afrikaans en Engels) kommunikeer, lees, skryf, dink en redeneer. Die volgende aspekte word aangespreek:
- `n Teksgebaseerde benadering (taal in konteks).
- Prosesskryf (kreatief, funksioneel, transaksioneel).
- Leesstrategieë.
- Kommunikasie (gesproke taal).
Wiskundebenadering:
Om `n kritiese bewustheid by leerders te kweek van hoe Wiskunde met ons sosialisering, omgewing, kultuur en ekonomie korreleer. ‘n Gees van nuuskierigheid en ‘n liefde vir Wiskunde word gekweek.
Lewensvaardighede:
Hierdie vak bied aan leerders die geleentheid om praktiese lewensvaardighede aan te leer. Dit help leerders om effektiewe en aktiewe verantwoordelikhede toe te pas in die samelewing. Ons volg ook ‘n Kuberwelsynprogram om ons leerders veiligheid op die internet te leer.
Kompetisies:
Ons neem deel aan verskillende interne en eksterne kompetisies.
Buitelugopvoeding:
Gr. 5-7’s woon jaarliks driedaagse Buitelugkampe by op verskillende terreine. Leer buite die klaskamer vind plaas en leerders geniet hierdie ervaring terdeë. Hierdie uitstappies is inklusief, m.a.w. ouers betaal nie addisionele kostes nie.


