KUBERWELSTAND
Kuberwelheid is iets wat Laerskool Eversdal baie na aan die hart dra. Dit is vir ons baie belangrik dat ons leerders altyd veilig is. By Laerskool Eversdal moedig ons ons kinders aan om die internet te gebruik. Ons wil hê hulle moet die potensiaal van die internet ontdek, asook leer om dit ten volle te benut.
Om hierdie rede het die skool besef dat ons ons leerders dan ook moet toerus met die nodige vaardighede om hulself te beskerm teen die moontlike gevare wat hulle aanlyn mag teëkom.
Die skool se kuberwelheid program behels die volgende:
- Lesse wat een keer ‘n week aangebied word. Tydens hierdie lesse bespreek ons verskeie onderwerpe bv.
- Vreemdelinge aanlyn
- Netiquette – Etiket op die internet.
- Misdaad op die internet.
- Onvanpaste inhoud.
- Plakkate word in die skool opgesit om sekere idees vas te lê.
- Video’s word tydens saalbyeenkomste gewys om bewustheid te skep van goeie en slegte gedrag op die internet.
- Daar word “Blogs” geskryf om belangrike inligting met ouers te deel.
Die program probeer twee belangrike beginsels vaslê:
- Respekteer jouself en ander terwyl jy aanlyn is.
- Veilige en verantwoordelike gebruik van die internet.
Ons leerders word geleer om drie stappe ten alle tye te volg: Voel (wat sê jou stemmetjie in jou kop vir jou?), dink (wat het jy geleer hieroor), aksie (neem aksie gebaseer op die vorige twee stappe).
Hierdie is die tweede jaar wat hierdie program by die skool aangebied word. Dit word konstant verander en verbeter. Die graadkoördineerders werk baie hard daaraan om dit ‘n waardevolle en interessante ervaring vir ons leerders te maak.