VAARDIGHEIDS- EN ONTWIKKELINGSPROGRAM
Laerskool Eversdal bied ’n inklusiewe vaardigheids- en ontwikkelingsprogram vir Graad 1 en Graad 2- leerders gedurende skoolure aan. Hierdie omvattende program skep die geleentheid vir die skool om sy sportdissiplines aan die Graad 1 en 2- leerders aan te bied. Ons is oortuig dat hierdie programme die algehele vaardigheidsvlak van ons leerders sal verbeter, terwyl hulle ook voordeel trek uit die ekstra oefeninge. Oefeninge op hierdie jong ouderdom stimuleer klein- en grootspierontwikkeling. Dit is belangrik vir ons jong kinders om op ‘n daaglikse basis fisies aktief te wees om hulle fisiese en emosionele welstand te bevorder.
Die program is gebaseer op die totale ontwikkeling van die leerders en is gebou op spontane deelname en genot. Die somerprogram sluit in atletiek, tennis, swem en krieket. In die winter teiken ons rugby-, hokkie- en netbalvaardighede.
WAAROM DIE PROGRAM?
- Om die algehele vaardigheidsvlakke van ons leerders te verbeter.
- Die ekstra oefening hou groot voordeel in vir ons leerders, omdat oefening op so ‘n jong ouderdom die ontwikkeling van groot- en kleinspiere stimuleer.
- Deur die beskikbaarheid van sportaktiwiteite te vergroot, sal ons die vooruitsig van skoolbywoning meer aantreklik maak.
- Dit is belangrik vir ons jong kinders om op ‘n daaglikse basis fisies aktief te wees om hulle fisiese en emosionele welstand te bevorder.
- Navorsing bewys dat selfs matige, fisiese aktiwiteite ‘n kind se vaardigheid in Wiskunde, lees en memorisering verbeter.