LANDLOOP
Landloop bou ‘n goeie fondasie vir fiksheid en deursettingsvermoë, wat by alle sportsoorte nodig is. Alle ouderdomme is welkom.
Algemene inligting
- Oefening vind deur die hele jaar plaas.
- Oefeninge word bygewoon in Evergymklere.
- Sportskoene moet gedra word.
- Oefeninge vind by Laerskool Eversdal plaas of in die Eversdal Trimpark, in Kendalweg.
- Raadpleeg asseblief die buitemuurse program vir oefentye en oefenarea soos op webwerf.
Kompetisies
Atlete neem deel in hulle Evergym-klere.
Formele kompetisies (Sone): Sien Klerebeleid LAERSKOOL EVERSDAL KLEREBELEID
- Leerlinge (o/10 – o/13) wat die verwagte afstand kan voltooi, word aangemoedig om aan die kompetisies deel te neem.
- Afstande per ouderdomsgroep:
o/10 – 2km
o/11 – 3km
o/12 – 3km
o/13 – 3km (dogters)/4km (seuns)
- Kompetisies vind plaas op Vrydae, gedurende die 2de en 3de kwartaal.
- Leerders wat graag aan kompetisies wil deelneem, moet Me. C. de Koker, per e-pos, in kennis stel. rdevilliers@eversdal.org.za
- Daar is ‘n totaal van 6 liga-kompetisies, atlete moet 6 van die 9 wedlope voltooi om te kwalifiseer vir die sone-kompetisie.9