SKAAK
Algemene inligting
- Beide meisies en seuns kan aan skaak deelneem, wat ‘n somer- en wintersport is.
- Sodra ‘n leerder twee lesse bygewoon het, is die leerder geregistreer as deel van Skaak.
- Skaakfooi: R220, per kwartaal.
- Skooluniform of “civvies” mag gedra word vir oefeninge.
Raadpleeg asseblief die buitemuurse program vir oefentye soos op webwerf.
Spanseleksie
- Spanne word deur die afrigters gekies.
- Daar is 3 spanne: o/9, o/11 en o/13
Wedstrydinligting
Wedstryddrag: Sien Klerebeleid LAERSKOOL EVERSDAL KLEREBELEID
- Laerskool Eversdal skaakspanne neem jaarliks deel aan die WP Skole Skaakproewe.
- Eversdal bied jaarliks ‘n Eversdal-skaakdag aan. Hierdie dag is eksklusief vir Eversdal leerders. Enigiemand kan deelneem.
- ‘n Jaarlikse Eversdal-skaaktoernooi word minstens een keer per jaar aangebied. Slegs skaakspanne van genooide skole sal daaraan deelneem.
- Spanbriewe word gedurende the week deur the sportkantoor via ‘n e-pos skakel uitgestuur. Reageer asseblief spoedig om die kantoor in te lig oor die beskikbaarheid van die speler.