SWEM
Algemene inligting
- Swem is `n somersport (1ste en 4de kwartaal)
- Swemmers moet reeds waterveilig wees.
- Die buitemuurse program maak voorsiening vir groepe met verskillende vaardighede.
- Aandag word aan die aanleer van die verskillende swemstyle, asook fiksheid gegee.
- Eversdal se swembad is 1,2 m diep en 25 m lank.
- Raadpleeg asseblief die buitemuurse program vir oefentye soos op webwerf.
Swemklere
- Dogters swem in `n navy of swart swembroek. Geen tweestuk swembroeke is toelaatbaar nie.
- Die dra van `n swempet is verpligtend vir dogters. (enige kleur)
- Seuns mag in `n navy/swart speedo of `jammer` swem, of in hul navy Evergym kortbroek.
- Swemmers meld aan by die swembad geklee in hul Evergymklere.
- Elkeen moet hul eie handdoek hê.
- Die dra van `n swembril is opsioneel.
Spanseleksie
- Aan die einde van elke jaar word geleentheid gegee vir proewe.
- Na afloop van die eerste skolegala sal daar ‘n tydtoets plaasvind wat swemmers geleentheid bied om hulle swemtye te verbeter.
- Die graad 1`s en nuwe leerders se proewe word aan die begin van die jaar gehou.
- Na afloop van die proewe word swemmers gekies om aan die Evergala deel te neem.
- Die uitslae van die Evergala bepaal watter swemmers in die Junior A- en Senior A-spanne opgeneem word.
- Daar word verwag dat die Junior A- en Senior A- swemmers ten minste een oefensessie per week bywoon.
- Klubswemmers wie se oefenprogramme bots met die skool s`n, moet asb. die afrigter per e-pos in kennis stel.
Galas
Swemdrag vir galas: Sien Klerebeleid LAERSKOOL EVERSDAL KLEREBELEID
- Sommige A-span swemmers word gekies om Eversdal te verteenwoordig by galas.
- Eversdal neem deel aan `n verskeidenheid uitnodigingsgalas.
- Elke gala is uniek, daarom het sommige galas ander reëls, swemitems en programme.
- Ons skool bied die jaarlikse Interhuisgala aan.