HOKKIE
Algemene Inligting
- Die hokkieseisoen vind plaas gedurende die 2de en 3de kwartale.
- SEUNS: oefeninge word bygewoon in Evergymklere, lang navy hokkiekouse, beenbeskermers (“shin guards”) en tekkies of hokkieskoene met ‘n sagte sool geskik vir ‘n sintetiese veld. GEEN voetbal- of rugbystewels word op die sintetiese veld toegelaat nie.
- DOGTERS: oefeninge word bygewoon in Evergymklere, lang navy hokkiekouse, beenbeskermers (“shin guards”) en tekkies of hokkieskoene met ‘n sagte sool geskik vir ‘n sintetiese veld. Dogters 0/10 – 0/13 kan ook in die voorgeskrewe hokkieromp oefen.
- Toerusting: “shin guards”, hokkiestok en mondskerm. Oefenballe word deur die afrigters/skool voorsien.
- Doelwagtertoerusting is by die skool beskikbaar en word deur die afrigters bestuur.
- Eversdal neem jaarliks deel aan verskeie uitnodigingstoernooie.
- Indien ‘n speler aan meer as een wintersport deelneem, moet hy/sy minstens een oefensessie gedurende die week bywoon om te kwalifiseer vir ‘n wedstryd. Afrigters moet ingelig word indien ‘n speler nie ‘n oefening kan bywoon nie.
- Raadpleeg asseblief die buitemuurse program vir oefentye soos op webwerf.
Spanseleksie
Junior (o/7 – o/9) en Senior (o/10 – o/13) spanne word almal op meriete, deur die afrigters, gekies. Spelers in die laagste span(ne) in elke ouderdomsgroep (afhangende van aantal spelers in die groep) sal geroteer word om almal ‘n geleentheid te gee om ‘n wedstryd te speel.
Wedstrydinligting
Wedstryddrag: Sien Klerebeleid LAERSKOOL EVERSDAL KLEREBELEID
- 0/7 – 0/10 Wedstryde word op ‘n ¼ veld gespeel en bestaan uit twee 10 min. helftes. Spanne bestaan uit 6 spelers.
- 0/11 Wedstryde word op ‘n ½ veld gespeel en bestaan uit twee 15 min. helftes. Spanne bestaan uit 8 spelers.
- 0/13 Wedstryde word op ‘n volveld gespeel en bestaan uit twee 20 min. helftes. Spanne bestaan uit 11 spelers.
- 0/13A spanne speel volveld en die helftes mag soms 25 min. ‘n helfte duur. Spanne bestaan uit 11 spelers.
- Spanbriewe word gedurende the week deur the sportkantoor via ‘n e-pos skakel uitgestuur. Reageer asseblief spoedig om die kantoor in te lig oor die beskikbaarheid van die speler.
Siekte – en beseringsbeleid
- Indien ‘n speler ‘n wedstryd mis weens siekte en gedurende die week bewys dat hy fiks is, kan die speler terugkeer na dieselfde span.
- Indien ‘n speler ‘n wedstryd mis weens ‘n besering, sal die speler terugkeer na ‘n laer span mits die speler kan bewys dat hy wedstrydfiks is. Hierdie speler moet tydens ‘n oefensessie homself bewys, waarna die afrigter die speler sal assesseer en daarna kan hy terugkeer na sy oorspronklike span.