NETBAL
Motivering is die basis van alle sportsoorte. Elke leerder se intensiteit, fokus en emosies dra by tot hul maksimum vermoë om doelwitte te bereik.
Algemene inligting
- Die netbalseisoen begin aan die einde van die eerste kwartaal en eindig in September,gedurende die derde kwartaal.
- Oefeninge word bygewoon in Evergymklere.
- Indien ‘n speler aan meer as een wintersport deelneem, moet sy minstens een oefensessie, gedurende die week, bywoon, om te kwalifiseer vir ‘n wedstryd. Afrigters moet ingelig word as ‘n speler nie ‘n oefening kan bywoon nie.
- Raadpleeg asseblief die buitemuurse program vir oefentye soos op webwerf.
Spanseleksie
Junior (o/7 – o/9) en Senior (o/10 – o/13) spanne word almal op meriete, deur die afrigters, gekies. Spelers in die laagste span(ne) in elke ouderdomsgroep (afhangende van aantal spelers in die groep) sal geroteer word om almal ‘n geleentheid te gee om ‘n wedstryd te speel.
Wedstrydinligting
Wedstryddrag: Sien Klerebeleid LAERSKOOL EVERSDAL KLEREBELEID
- Ligawedstryde word gedurende die week gespeel en sportdae vind plaas oor naweke.
- Ons neem ook aan verskeie toernooie deel. Ons streef daarna om wedstryde vir al ons spanne te bied.
- Spanbriewe word gedurende the week deur the sportkantoor via ‘n e-pos skakel uitgestuur. Reageer asseblief spoedig om die kantoor in te lig oor die beskikbaarheid van die speler.
Siekte – en beseringsbeleid
- Indien ‘n speler ‘n wedstryd mis weens siekte en gedurende die week bewys dat sy fiks is, kan die speler terugkeer na dieselfde span.
- Indien ‘n speler ‘n wedstryd mis weens ‘n besering, sal die speler terugkeer na ‘n laer span mits die speler kan bewys dat sy wedstrydfiks is. Hierdie speler moet tydens ‘n oefensessie haarself bewys, waarna die afrigter die speler sal assesseer en daarna kan sy terugkeer na haar oorspronklike span.