Laerskool Eversdal,
Stepping Stones, Durbanville
7550

Tel: 021 976 8134
Epos:



Laerskool Eversdal, Stepping Stones, Durbanville, 7550

Tel: 021 976 8134
Epos: info@eversdal.org.za



Lugfoto
EVERkilo4
STEM_LEGO-1024x402
Veld-2-1-1024x418
STEM2-1024x512-1024x512
Tennis-1-1024x418
previous arrow
next arrow

RUGBY

Ons streef daarna om ‘n omgewing te skep waarin ons spelers rugby kan geniet en goeie sportmangees floreer. Regverdigheid seëvier beide op en van die veld. Evers is nederig in oorwinning en waardig tydens nederlae. Ons speel om te wen, maar nie ten alle koste nie en erken beide deelname en prestasie.

Algemene inligting

  • Die rugbyseisoen begin aan die einde van die eerste kwartaal en eindig in September, gedurende die derde kwartaal.
  • Spelers oefen in enige rugbybroek en T-hemp/rugbytrui.
  • Neem asseblief kennis dat tydens koue dae ‘n speler ‘n swart “second skin” kan dra (hemp en/of broek).
  • Indien ‘n speler aan meer as een wintersport deelneem, moet hy minstens een oefensessie, gedurende die week, bywoon, om te kwalifiseer vir ‘n wedstryd.

Raadpleeg asseblief die buitemuurse program vir oefentye soos op webwerf.

Spanseleksie

Junior (o/7 – o/9) en Senior (o/10 – o/13) spanne word almal op meriete, deur die afrigters, gekies.  Spelers in die laagste span(ne) in elke ouderdomsgroep (afhangende van aantal spelers in die groep) sal geroteer word om almal ‘n geleentheid te gee om ‘n wedstryd te speel.

Wedstrydinligting

Wedstryddrag:  Sien Klerebeleid LAERSKOOL EVERSDAL KLEREBELEID

  • Wedstryde is op Saterdagoggende met die uitsondering van een of twee wedstryde gedurende die week.
  • Spanbriewe word gedurende the week deur the sportkantoor via ‘n e-pos skakel uitgestuur.  Reageer asseblief spoedig om die kantoor in te lig oor die beskikbaarheid van die speler.

Siekte-en beseringsbeleid

  • Indien ‘n speler ‘n wedstryd mis weens siekte en gedurende die week bewys dat hy fiks is, kan die speler terugkeer na dieselfde span.
  • Indien ‘n speler ‘n wedstryd mis weens ‘n besering, sal die speler terugkeer na ‘n laer span mits die speler kan bewys dat hy wedstrydfiks is. Hierdie speler moet tydens ‘n oefensessie homself bewys, waarna die afrigter die speler sal assesseer en daarna kan hy terugkeer na sy oorspronklike span.

 

PLATINUM SPONSORS
Click on photo for link to
sponsor website.
NAVIGASIE
 
Tuisblad
Aansoek om toelating
Kalender

 
Kommunikasie
Gallery
Kontak
VOLG ONS
 
KONTAK ONS
 
Laerskool Eversdal,
Stepping Stones, Durbanville

Tel: 021 976 8134
Epos:
VOLG ONS
 
KONTAK ONS
 
Laerskool Eversdal,
Stepping Stones, Durbanville

Tel: 021 976 8134
Epos:

Website Design by Revenge Designs